Main Menu

Bobbie

Toe sy geliefde Natasha in ’n aanval omkom, is Bobby se lewe aan skerwe . Hy word verwaarloos en agtergelaat – totdat hy uiteindelik by ’n diereskuiling beland. Toe Jessie haar Alsatian, Dash, aan leukemie verloor, is sy ontroosbaar. Maar in ’n ander wêreld is Natasha en Dash nie van plan om op te gee nie . . . al wat hulle nodig het, is een gewillige hart, slegs een goeie daad om Bobby en Jessie na mekaar toe te trek. In hierdie aangrypende verhaal, wat op ware feite gegrond is, leer Bobby en Jessie dat solank daar hoop is, is enigiets moontlik.

“Bobby spreek van die onwrikbare, tydlose band tussen mens en dier en ondersoek hoe dit teenspoed en verdriet te bowe kan kom. Dis sielverheffend en hartroerend. Bobby is ’n inspirerende verhaal vir enigeen wat al ooit ‘mens se beste vriend’ liefgehad, verloor of gevind het.” — Joanne Lefson, diere-welsynsaktivis en skrywer van Ahound the World: My Travels with Oscar

Website created by Blog Meistress.